8. Die wagte wat op die mure van die stad waghou, sal hardop uitroep. Hulle sal almal saam van vreugde skreeu. Hulle sal voor hulle oë sien hoe die Here terugkom na Sion toe.
9. Die murasies van Jerusalem sal saam skreeu en met blydskap juig. Die Here het sy volk jammer gekry. Die Here maak Jerusalem weer vry.
10. Die Here wys vir al die nasies hoe geweldig sterk Hy is. Tot in die verste uithoeke van die aarde sien hulle hoe God ons uitred.
11. Gee pad uit Babel uit. Kom weg daar. Moenie aan iets vat wat vir die Here onaanvaarbaar is nie. Dié wat die tempelgereedskap dra, moet hulle afsonder vir die Here. Hulle moet wegkom uit Babel uit.
12. Julle hoef nie halsoorkop pad te gee nie. Julle hoef ook nie soos destyds uit Egipte te vlug nie. Die Here self sal voor julle uitgaan. Hy sal julle van agter af beskerm.
13. Die man wat Ek stuur om julle te bevry, sal dit regkry. Hy sal beroemd word.
14. Baie was ontsteld toe hulle hom sien. Hy was aaklig vermink. Hy het nie meer soos ’n mens gelyk nie.