Jesaja 39:3-8 Die Boodskap (DB)

3. Jesaja het toe met Hiskia gaan praat en vir hom gevra: “Wie is die mense en wat het jy alles vir hulle gesê?”“Hulle kom van ’n baie ver plek af,” was Hiskia se antwoord, “van Babel af.”

4. “Wat het hulle alles in jou paleis gesien?” wou Jesaja weet.“Hulle het alles gesien,” het Hiskia geantwoord, “ek het nie ’n enkele ding vir hulle weggesteek nie.”

5. “Nou luister,” sê Jesaja toe vir hom, “hoor ’n bietjie wat die Here hieroor te sê het:

6. Daar kom ’n tyd dat al jou besittings en alles wat jou voorgangers bymekaargemaak het, na Babel toe weggedra gaan word. Daar sal net mooi niks hier oorbly nie.

7. Van jou eie seuns wat hier prinse is, sal ook in ballingskap weggevoer word en hulle sal gedwing word om as paleishulpe vir die koning van Babel te werk.”

8. Hiskia het die boodskap verkeerd verstaan en daarom het hy vir Jesaja gesê: “Dit is goed so! Ten minste sal daar in my leeftyd vrede en veiligheid vir die land wees.”

Jesaja 39