7. Juda se vrugbare vlaktes word oorstroom met strydwaens, die ruiters staan gereed voor Jerusalem se hekke.
8. Van hulle verdedigingslinies het daar niks oorgebly nie. Toe het julle skielik na julle wapens gaan soek in die magasyn.
9. Julle het gesien op hoeveel plekke die muur van die Dawidstad reeds deurgebreek is en besef dat julle die water in die onderste dam moet opgaar.
10. Julle het al die huise in Jerusalem bekyk en dié wat bouvallig was se materiaal gebruik om die muur weer te probeer herstel.
11. Julle het ’n opgaardam in die stad gebou om die water van die ou fontein in op te gaar. Maar julle het nie daaraan gedink om tussen alles deur die Here se hulp te vra nie. Hy is al een wat sou kon help, want Hy het alles lank tevore reeds beplan.
12. Dit was die almagtige Here se manier om julle op te roep om te huil en te treur. Hy wou hê julle moet julle koppe kaal skeer as ’n teken van hartseer oor julle sonde en julle moet sakke aantrek om julle berou te wys.