Jesaja 18:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Daar wag swaarkry op die land wat aan die voet van die Nyl lê, die land vol insekplae.

2. Hulle stuur ambassadeurs met die Nyl in hulle papirusbote. Maar hulle word teruggestuur met die boodskap: Gaan terug na julle eie land toe, die land wat deur riviere deurkruis word. Vat hierdie boodskap vir julle lang mense met die blink vel wat wyd en syd gevrees word omdat hulle so sterk is dat hulle enige volk kan platloop.

3. Wanneer ek op die berg die teken vir die oorlog gee, moet die mense van die wêreld kennis neem. Luister as ek die trompet blaas wat die begin van die oorlog aankondig,

Jesaja 18