Hebreërs 11:36-40 Die Boodskap (DB)

36. Party is uitgejou en geslaan, terwyl ander geboei in die tronk gegooi is.

37. Die lysie word langer: van hulle is met klippe doodgegooi, ander is in stukke gesaag of met swaarde doodgekap. Met party het dit so sleg gegaan dat hulle net ’n skaap- of bokvelletjie gehad het om aan te trek. Hulle het nie eens behoorlik kos gehad om te eet nie, en waar hulle ook al gekom het, het mense hulle weggejaag en sleg behandel. Hulle het in die wildernis gaan bly en in grotte en gate weggekruip.

38. Die wêreld het nie regtig besef wie hulle is nie, want dan sou hulle geweet het dat hierdie mense baie beter as hulle was.

39. Hoewel daar soveel mooi dinge oor hierdie mense gesê is omdat hulle so op God vertrou het, het hulle ook nog nie alles gekry wat God vir hulle beloof het nie.

40. God het ’n ander, baie beter plan met ons almal. Hulle sal nie alleen nie, maar saam met ons alles volledig kry wat God vir ons almal wil en sal gee.

Hebreërs 11