15. Sommige belangrike amptenare het haar ook raakgesien en vir die koning van haar vertel. Sarai is toe terstond gehaal en na die koning se huis geneem.
16. Met Abram het dit ook baie goed gegaan oor haar. Hy het vee, beeste en donkies, slawe en kamele gekry oor sy vrou Sarai.
17. Die Here het egter ingegryp. Hy wou Abram en Sarai red, en het toe groot ellendes oor die koning en sy huis laat kom.
18. Toe het die koning Abram laat kom. “Wat het julle aan my gedoen?” het hy gesê. “Waarom het jy nie gesê dit is jou vrou nie?