2 Konings 22:13-18 Die Boodskap (DB)

13. “Gaan praat namens my en die hele volk met die Here oor wat in hierdie boek staan. Ons voorouers het hulle nie aan die boek se inhoud gesteur nie. Die Here moet woedend wees vir ons omdat ons nie gedoen het wat in die boek staan nie.”

14. Hulle is toe na die profetes Gulda toe wat in die nuwe deel van Jerusalem gewoon het. Haar man was Sallum, wat verantwoordelik was vir die klerestoor by die tempel. Gilkija-hulle het haar vertel hoekom hulle daar was.

15. Sy het hulle geantwoord: “Hier is ’n boodskap van die Here vir die man wat julle gestuur het.

16. Gaan sê vir hom die Here, die God van Israel, sê: ‘Ek gaan die stad en sy mense vernietig, net soos dit in die boek staan wat julle gelees het.

17. Hulle het opgehou om My te vereer en ander goed begin dien wat glad nie gode is nie. Ek is woedend daaroor. My woede is soos ’n vuur wat nie meer geblus kan word nie.’”

18. Sy het egter ook gesê: “Hier is ’n persoonlike boodskap van die Here af vir Josia, na aanleiding van die boodskap wat ek nou net vir julle gegee het. Die Here sê vir hom:

2 Konings 22