28. Sommige deurwagte was verantwoordelik vir die offergereedskap. Hulle moes die regte hoeveelheid gereedskap voorsien en dit weer ontvang wanneer dit teruggebring is.
29. Party van hulle moes vir die ander gereedskap sorg wat in die heiligdom gebruik is, asook vir die meel, wyn, olie, wierook en speserye.
30. Die meng van speserysalf was die werk van sekere priesters.
31. Mattitja, ’n Leviet en die oudste seun van Sallum, die Koragiet, was verantwoordelik vir die bakkery.
32. Van hulle kollegas uit die Kehatfamilie moes elke sabbat die offerbrood gereedmaak.
33. Daar was ook musiekleiers, almal hoofde van Levitiese families, wat in kamers by die tempel gebly het. Hulle was vrygestel van ander take, want hulle was voltyds besig met hulle verantwoordelikhede.
34. Al die mense het in Jerusalem gewoon. Hulle was hoofde van Levitiese families en leiers op grond van hulle afkoms.
35. Jeïel, die stigter van Gibeon, het in Gibeon gewoon. Sy vrou was Maäka.
36. Hulle oudste seun was Abdon en die ander was Sur, Kis, Baäl, Ner, Nadab,
37. Gedor, Agjo, Seker en Miklot.
38. Miklot was Sima se pa.Hulle het naby hulle stamgenote in Jerusalem gewoon.
39. Ner was Kis se pa en Kis was Saul se pa. Saul was Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl se pa.
40. Jonatan se seun was Meribbaäl en Meribbaäl was Miga se pa.