28. Sommige deurwagte was verantwoordelik vir die offergereedskap. Hulle moes die regte hoeveelheid gereedskap voorsien en dit weer ontvang wanneer dit teruggebring is.
29. Party van hulle moes vir die ander gereedskap sorg wat in die heiligdom gebruik is, asook vir die meel, wyn, olie, wierook en speserye.
30. Die meng van speserysalf was die werk van sekere priesters.
31. Mattitja, ’n Leviet en die oudste seun van Sallum, die Koragiet, was verantwoordelik vir die bakkery.
32. Van hulle kollegas uit die Kehatfamilie moes elke sabbat die offerbrood gereedmaak.