23. Hulle en hulle nageslag het by die poorte van die huis van die Here, by die tenthuis, waggestaan.
24. Die poortwagte het aan elke kant waggestaan: oos, wes, noord en suid.
25. Hulle familielede, wat in hulle eie dorpies gebly het, het volgens ’n vaste program, telkens vir sewe dae, met die werk kom help.
26. Die vier hoofwagte is gekies omdat hulle so betroubaar was. Hulle was Leviete en verantwoordelik vir die kamers en voorrade by die tempel.
27. Hulle het naby die tempel geslaap, want hulle moes die tempel oppas en elke oggend oopsluit.
28. Sommige deurwagte was verantwoordelik vir die offergereedskap. Hulle moes die regte hoeveelheid gereedskap voorsien en dit weer ontvang wanneer dit teruggebring is.
29. Party van hulle moes vir die ander gereedskap sorg wat in die heiligdom gebruik is, asook vir die meel, wyn, olie, wierook en speserye.
30. Die meng van speserysalf was die werk van sekere priesters.