1. Hulle het die verbondsark neergesit in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het. Daarna het hulle brandoffers en maaltydoffers vir God gebring.
2. Toe Dawid klaar was met die offers, het hy die mense in die Naam van die Here geseën.
3. Daarna het hy vir elke Israeliet, man en vrou, ’n broodjie, ’n stuk vleis en ’n rosyntjiekoek gegee.
4. Dawid het die volgende Leviete aangestel om by die ark van die Here diens te doen. Hulle moes die Here, Israel se God, se roem besing, Hom dank en Hom loof. Hulle was:
5. Asaf, die leier en Sagaria, tweede in bevel. Verder was daar Jeïel, Semiramot, Jegiël, Mattitja, Eliab, Benaja, Obed-Edom en Jeïel. Hulle het harpe en liere bespeel. Asaf het die simbale geslaan.
6. Die priesters, Benaja en Jagasiël, het gedurig op die trompette geblaas voor die verbondsark van God.
7. Op dié dag het Dawid vir Asaf en sy ampsgenote ’n danklied gegee om te sing:
8. Prys die Here! Bid tot Hom!Vertel vir almal op aarde wat die Here gedoen het.
9. Sing liedere, maak die Here se Naam groot.Juig oor al die groot dinge wat Hy elke dag doen.
10. Bring lof en eer aan die Here se heilige Naam.Wees bly, almal wat daarna smag om by die Here te wees.
11. Vra vir die Here om heeltyd by julle te wees met sy groot krag.Moenie dat daar ’n dag verbygaan dat julle nie naby Hom is nie.
12. Dink aan al die groot wonderwerke wat die Here gedoen het.Onthou sy magtige dade, hoe Hy sy voorskrifte aan ons gegee het.
13. Julle is deel van die nageslag van Israel, die kneg van die Here.Julle behoort aan Jakob wat deur die Here uitgekies is.
14. Die Here is ons God!Die hele aarde is vol van sy magtige dade.
15. Hy onthou die ooreenkoms wat Hy met sy volk gemaak het,sy beloftes wat Hy aan 1 000 geslagte gegee het!
16. Dit is dieselfde ooreenkoms wat Hy met Abraham gemaak het,en sy belofte aan Isak.
17. Dit is aan Jakob dat Hy sy woord gegee heten met Israel dat Hy ’n ewige ooreenkoms gesluit het,
18. toe Hy gesê het:“Al die grond in Kanaän behoort van nou af aan jou,dit is jou erfporsie, jou besitting!”
19. Toe Israel nog maar ’n klein groepie was,vreemdelinge in ’n nuwe land,