Spreuke 27:2-13 Bybel vir Almal (ABA)

2. Jy moenie jouself prys nie,iemand anders kan dit doen,iemand van ’n ander plek kan jou prys,jy moenie dit self doen nie.

3. Klip en sand is swaar om te dra,maar wanneer ’n dwaas jou kwaad maak,dan is dit nog swaarder.

4. Wanneer iemand kwaad is, dan is hy wreed,dit is soos baie water wat oor jou spoel.Wanneer hy regtig kwaad is,dan kan jy nie teen hom bly staan nie.

5. Dit is beter om eerlik vir iemand te sêwat hy verkeerd doen,beter as om vir hom lief te weesmaar dit nie te wys nie.

6. Wanneer ’n vriend jou seermaak,dan doen hy dit omdat hy jou vriend wil bly.Wanneer iemand jou die hele dag wil aanhou soen,dan haat hy jou.

7. Wanneer iemand genoeg geëet het,dan is heuning nie meer lekker nie,wanneer iemand honger is,dan proe ’n bitter ding ook soet.

8. Iemand wat sy huis los en weggaan,is soos ’n voël wat wegvlieg van sy nes.

9. Olyf-olie en wierook laat jou lekker voel,maar ’n goeie vriend weet beter as jyselfwat goed sal wees vir jou.

10. As jy ’n vriend het, dan moet jy hom nie los nie,ook nie iemand wat jou pa se vriend was nie.Wanneer dit sleg gaan met jou,dan kan jou buurman wat naby is,vir jou beter help as jou broer wat ver is.

11. My seun, jy moet ’n wyse mens word.Dit sal my bly maak, en dan sal ek kan antwoordwanneer iemand wys dat hy dink ek is nie belangrik nie.

12. ’n Verstandige mens sien wanneer daar probleme kom,en hy vlug,mense wat baie min weet, vlug nie, en hulle kry swaar.

13. Wanneer iemand borg gestaan hetvir ’n mens wat hy nie ken nie,wanneer hy belowe het om te betaalwat iemand uit ’n ander land skuld,dan moet jy sy klere vatas jý iets van hom wil terugkry.

Spreuke 27