Spreuke 19:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dit is beter om arm te wees en eerlik te leweas om mense te bedriegen ook ’n dwaas te wees.

2. Dit is nie goed om dinge te probeer doenas jy nie weet hoe nie.As jy te haastig is, dan sal jy foute maak.

3. Wanneer ’n mens dwaas is,dan doen hy verkeerde dinge,en dan sê hy dit is die Here se skuld.

4. Wanneer iemand ryk is, dan het hy baie vriende,maar wanneer iemand arm is,dan sal die een vriend wat hy het, hom ook los.

5. ’n Vals getuie sal sy straf kry,iemand wat lieg, sal nie vry wegkom nie.

6. Daar is altyd baie mense wat wil hêdat ’n belangrike persoon hulle vriend moet wees,as iemand presente weggee, dan wil almal sy vriend wees.

7. ’n Arm mens se broers hou nie van hom nie,nie een van sy broers nie,sy vriende hou ook nie van hom nie,sy vriende bly ver weg van hom.Wanneer die arm man met hulle wil praat,dan is hulle nie daar nie.

8. Iemand wat wil leer om verstandig te wees,is lief vir sy lewe,dit gaan goed met iemand wat verstandig bly.

9. ’n Vals getuie sal sy straf kry,iemand wat lieg, sal sterf.

10. ’n Mens dink nie dat ’n dwaaslekker sal lewe nie,dit is nog meer verkeerd dat ’n slaafoor leiers regeer.

Spreuke 19