Spreuke 12:13-28 Bybel vir Almal (ABA)

13. Die verkeerde dinge wat ’n slegte mens sê,is soos ’n vangstrik wat hom vang,maar wanneer ’n mens reg lewe,dan sal dit nie vir hom gevaarlik wees nie.

14. Wanneer ’n mens die regte dinge sê,dan sal dit baie goed gaan met hom,en wanneer hy met sy hande werk,dan sal hy beloning kry.

15. ’n Dwaas dink dit is regom te lewe soos hy wil,maar ’n wyse mens luisterwanneer iemand vir hom sê wat om te doen.

16. ’n Dwaas wys dadelik wanneer hy kwaad is,’n verstandige mens wys nie hoe hy voelwanneer mense hom beledig nie.

17. Wanneer iemand die waarheid praat,dan bring hy ’n boodskap wat reg is,’n getuie wat lieg, wil mense bedrieg.

18. Wanneer mense praat en nie dink wat hulle sê nie,dan maak hulle ander mense seer.Wyse mense sê dinge wat ander mense beter laat voel.

19. Woorde wat die waarheid is, bly altyd waar,maar mense weet gou wanneer iemand ’n leuen vertel.

20. Mense wat planne maak om slegte dinge te doen,wil ander mense bedrieg,mense wat planne maak om dit goed te laat gaan,maak ander mense bly.

21. Met die mens wat reg lewe,gebeur daar niks wat sleg is nie.Maar dit gaan altyd sleg met mense wat verkeerd doen.

22. Die Here haat iemand wat lieg,maar Hy hou van mense wat die regte dinge doen.

23. ’n Verstandige mens sê nie vir almal wat hy weet nie,maar ’n dwaas skree en sê die dom dinge waaraan hy dink.

24. Mense wat fluks werk, sal oor ander mense regeer,maar lui mense sal soos slawe moet werk.

25. ’n Mens wat bekommerd is, voel nie gelukkig nie,maar ’n vriendelike woord maak hom bly.

26. ’n Mens wat reg lewe, loop op die padwat ’n vriend vir hom wys,mense wat verkeerd doen, verdwaal op die padwat hulle self kies.

27. ’n Lui mens kry niks,hy vang ook nie diere in die veld om te eet nie,’n mens wat fluks werk,maak vir hom kosbare dinge bymekaar.

28. Wanneer mense aanhou om reg te doen,dan hou hulle aan om te lewe,wanneer hulle aanhou om so te lewe,dan sal hulle nie sterf nie.

Spreuke 12