1. Die dag van die Here is baie naby. Alles wat die ander volke gevat het uit Jerusalem, sal terugkom. Die mense in die stad sal besluit wat elkeen moet kry.
2. Die Here sal al die volke bymekaarmaak om oorlog te maak teen Jerusalem. Hulle sal die stad oorwin en hulle sal die goed uit die huise vat en die vroue verkrag. Hulle sal die helfte van die stad se mense vang en wegvat. Die ander helfte van die mense sal in die stad bly.
3. Maar dan sal die Here teen daardie volke oorlog maak soos Hy voorheen gedoen het.
4. Die Here sal daardie dag staan op die Olyf-berg wat oos van Jerusalem is, en die Olyf-berg sal oopskeur. Een helfte van die berg sal beweeg na die noorde toe en die ander helfte sal beweeg na die suide toe. Dan sal daar ’n groot kloof wees, van oos na wes.
5. Die kloof sal wees tot by die stad Asal. Die mense van Jerusalem sal deur die kloof vlug soos hulle gevlug het toe daar ’n aardbewing was in die tyd toe Ussia die koning van Juda was. Dan sal my God die Here kom, en die engele sal saam met Hom kom.
6. Daardie dag sal die son nie in die oggend begin skyn nie, en dit sal nie koud wees nie.
7. Dit sal dag bly, daar sal nie dag en nag wees nie, dit sal altyd lig wees, ook wanneer dit aand is. Die Here weet dat dit sal gebeur.
8. Daardie dag sal daar uit Jerusalem vars water kom. Een helfte van die water sal na die Dooie See vloei en die ander helfte na die Middellandse See. Die water sal vloei in die somer en in die winter.
13-15. Dieselfde sal gebeur met die perde en muile en kamele en donkies, met al die diere wat in die vyande se kamp is. Die Here sal die vyande daardie dag baie deurmekaar maak, hulle sal mekaar gryp en doodmaak. Ook die mense van Juda sal oorlog maak teen Jerusalem. Maar die mense van Jerusalem sal die goed van al die ander volke rondom hulle bymekaarmaak en vat: baie goud en silwer en klere.