Sagaria 12:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het gepraat. Die Here het oor Israel gepraat. Dit is die Here wat die hemel en die aarde gemaak het, en Hy het die gees van die mens gemaak soos dit is.Die Here sê:

2. “Ek sal Jerusalem nou maak soos ’n beker wyn. Al die volke rondom Israel sal daarvan drink en hulle sal val soos dronk mense. Die mense van Juda sal ook swaarkry wanneer die vyande Jerusalem aanval van al die kante.

3. “Dit is wat sal gebeur: Daardie dag sal Ek Jerusalem soos ’n groot klip laat word vir al die volke. Elkeen wat die klip wil optel, sal baie seerkry. Al die volke van die aarde sal probeer om oorlog te maak teen Jerusalem,

4. maar daardie dag sal Ek die perde laat skrik. Die manne wat op die perde ry, sal nie weet wat om te doen nie. Ek sal die mense van Juda beskerm, maar Ek sal die ander volke se perde blind laat word.

Sagaria 12