Rigters 15:5-11 Bybel vir Almal (ABA)

5. Hy het al die fakkels aan die brand gesteek en die jakkalse in die koringlande van die Filistyne ingejaag. Alles het verbrand: die koring-gerwe, die koring op die land, die wingerde en die olyfbome.

6. Die Filistyne het gevra: “Wie het dit gedoen?” en die mense het gesê: “Simson, die skoonseun van die man in Timna. Hy het dit gedoen omdat sy skoonpa sy vrou gegee het vir een van die mans wat saam met hom was op die fees.”Toe gaan die Filistyne en hulle verbrand die vrou en haar pa.

7. Simson het vir hulle gesê: “Julle het nou dit gedoen, daarom sal ek nie ophou voordat ek julle genoeg gestraf het nie.”

8. Simson het toe baie Filistyne doodgeslaan. Daarna het hy in die berge gaan woon, in die Etam-kloof.

9. Die Filistyne het hulle tente gaan opslaan in die land Juda en hulle het tot by die stad Legi gekom.

10. Die mense van Juda het vir die Filistyne gevra: “Hoekom wil julle oorlog maak teen ons?”Die Filistyne het gesê: “Ons het gekom om Simson te vang. Ons wil aan hom doen wat hy aan ons gedoen het.”

11. Toe het 3 000 mans van Juda na die Etam-kloof gegaan en vir Simson gesê: “Jy weet die Filistyne regeer oor ons. Hoekom het jy vir ons probleme gebring?”Simson het vir hulle gesê: “Ek het aan die Filistyne gedoen wat hulle aan my gedoen het.”

Rigters 15