Rigters 1:32-35 Bybel vir Almal (ABA)

32. Die Aser-mense het gewoon tussen die Kanaäniete in die land, want hulle het nie die Kanaäniete weggejaag nie.

33. Die Naftali-stam het nie die mense oorwin en weggejaag wat gewoon het in die stede Bet-Semes en Bet-Anat nie, maar die mense van Bet-Semes en Bet-Anat moes swaar werk vir die Naftali-mense.

34. Die Amoriete het die mense van die Dan-stam gekeer, en die Dan-mense kon nie in die valleie inkom nie. Daarom moes die Dan-mense in die berge woon.

35. Die Amoriete wou nie weggaan uit die stede Har-Geres, Ajalon en Saälbim nie. Maar die Josef-stamme het later sterk geword, en toe moes die Amoriete swaar werk vir die Josef-mense.

Rigters 1