1. ’n Lied. ’n Psalm. Van die Korag-groep. Vir die leier van die koor: Die fluite moet speel en julle moet sing. ’n Lied van die Esragiet Heman.
2. Here, God wat my moet red,ek roep elke dag en elke nagen ek vra dat U my moet help.
3. U moet luister na my gebed,U moet hoor hoe ek soebat,
4. want ek kry baie swaar en ek word moedeloos,ek is naby die dood.
5. Mense dink dat ek sal sterf,ek het geword soos ’n mens wat nie krag het nie.
6. Dit voel of U my gelos hetby die mense wat klaar gesterf het,dit voel of ek by die mense iswat in oorlog gesterf heten wat nou in ’n graf lê,mense aan wie U nie meer dink nieen vir wie U niks doen nie.
7. Dit voel of U my onder in die doderyk gesit het,in die donker en diep plek.
8. U is kwaad vir my en ek is moedeloos,dit is soos groot branders wat oor my spoel. Sela
9. U laat die mense wat my ken, ver van my staan,hulle wil nie naby my kom nie.Ek sit vas en ek kan nie uitkom nie.
10. My oë het dof geword, want ek kry baie swaar.Ek het tot U gebid, Here,ek het die hele dag my hande uitgesteek na U.
11. U doen nie wonderwerke vir mense wat dood is nie,hulle staan nie op en hulle prys U nie. Sela
12. In die graf, die onderwêreld,sê mense nie dat U doen wat U belowe nie,hulle sê nie dat hulle seker is U sal help nie.
13. Daar in die donker,die plek waaraan niemand wil dink nie,weet hulle nie dat U wonderwerke kan doenen dat U reg doen aan mense nie.