Psalms 80:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Blomme.” Asaf getuig. ’n Psalm.

2. O Herder van Israel, U moet luister.U wat die nageslag van Josef leisoos ’n herder sy skape en bokke lei,u troon is bokant die gerubs,U moet wys wie U is.

3. U moet dit wys vir die stammeEfraim, Benjamin en Manasse.U moet wys dat U sterk is, U moet ons kom red.

4. O God, U moet dit weer goed laat gaan met ons,U moet genadig wees en ons red.

5. Here, God wat oor alles regeer,hoe lank sal U kwaad blyen nie luister wanneer u volk bid nie?

6. U het ons baie swaar laat kry.Ons huil en treur die hele dag,ons trane hou nie op om te val nie.

7. U laat ons bure met mekaar stryoor wie ons land moet vat,ons vyande lag oor wat met ons gebeur.

8. O God, U wat oor alles regeer,U moet dit weer goed laat gaan met ons,U moet genadig wees en U moet ons red.

9. U het ’n wingerdstok uit Egipte geneem,U het volke uit hulle woonplek gejaagen U het die wingerdstok daar geplant.

10. U het ’n plek gereedgemaak vir die wingerdstoken dit het gegroei, oor die hele land tot by die see.

Psalms 80