1. ’n Lied van Asaf.O God, hoekom het U ons weggegooi?Wil U altyd kwaad bly vir ons,vir ons wat u eie volk is?
2. U moenie die mense vergeetwat bymekaarkom om U te dien nie,die mense wat U lank gelede vir U geneem het.U het hulle vrygemaak om die volk te weeswat aan U behoort.U moenie die Sionsberg vergeet nie,die plek waar U woon.
3. U moet kom kyk na die hope klippewat so lank hier lê.Die vyande het alles in die tempel verwoes.
4. U vyande het soos leeus gebrulbinne-in die plek waar Uaan die volk verskyn hetwat aan U behoort.Hulle het hulle vlae daar kom neersitom te wys dat hulle gewen het.
5. Dit het gelyk soos wanneer mensebosse afkap met byle,
6. hulle het die mooi houtwerk in die tempelstukkend geslaan met byle en ysters.
7. Hulle het u tempel afgebrand,hulle het die plek waar U self gewoon het,afgebreek tot op die grond en hulle het dit ontwy.