5. Want Hy sal my beskerm wanneer daar gevaar kom,Hy sal my veilig in sy tempel laat blysoos wanneer ’n mens hoog op ’n rots staan.
6. Daarom, ek sal wen teen my vyande rondom my,en ek sal juig en offers bring in sy tempel,ek sal sing en musiek maak vir die Here.
7. Here, U moet luister wanneer ek tot U bid,U moet genadig wees en U moet my antwoord.
8. Ek onthou dat U gesê het ons moet U kom dien,en ek het gekom om U te dien.
9. U moenie keer wanneer ek U wil dien nie,U moenie vir my wegstuur nie.U het my altyd gehelp,moenie my nou los nie,moenie weggaan van my nie,want U is die God wat my red.
10. My pa en my ma sal my miskien los,maar die Here sal my by Hom hou.
11. Here, leer vir my hoe U wil hê ek moet lewe,lei my op ’n veilige pad, want ek het baie vyande.
12. My vyande vertel leuens oor my,hulle wil hê ek moet sterf.U moenie dat hulle met my doenwat hulle so graag met my wil doen nie.
13. Hulle wil dit doen,maar ek glo dat ek in hierdie lewenog sal sien dat die Here goed is.
14. Jy moet glo dat die Here jou sal help,jy moet sterk wees, jy moet dapper wees,jy moet glo dat die Here jou sal help.