Psalms 22:9-24 Bybel vir Almal (ABA)

9. Hulle sê: “Hy het gesê die Here moet hom help,nou moet die Here hom vrymaak.As die Here van hom hou, dan moet die Here hom red.”

10. Ja, Here, dit is Ú wat by my was toe ek gebore is,U het my veilig laat rus teen my ma se bors.

11. U het vir my gesorg vandat ek gebore is,U is my God vandat ek klein was.

12. U moenie ver van my wees nie,want dit gaan sleg met my,en daar is niemand wat my help nie.

13. Daar is baie vyande rondom my,hulle staan om my soos bulle uit die land Basan,

14. hulle is soos leeuswat hulle bekke groot oopmaakom te brul en om my dood te byt.

15. Dit voel of ek soos water uitgegooi is,my bene lê oral rond,my hart is soos byewas wat binne-in my smelt.

16. Dit voel of ek niks meer kan doen nie,ek is soos ’n droë, stukkende kleipot,ek is so dors dat my tong vassit bo-in my mond.Dit voel of ek dood is en of U my op die grond laat lê het.

17. Ja, ’n klomp slegte mense staan soos honde om my,hulle bind my hande en my voete vas.

18. Ek is so maer dat ek al die benein my liggaam kan sien.My vyande staan en kyk na my,

19. hulle trek lootjies om te sien wie my klere moet kry.

20. Maar U, Here, U moenie ver van my wees nie.Net U kan my sterk maak, U moet my gou kom help.

21. U moet my lewe kom red van my vyande se swaarde,U moet my red van hierdie honde.

22. U moet my red uit die bekke van hierdie leeus,uit die horings van hierdie oer-osse.U het gedoen wat ek gevra het.

23. Ek sal vir die ander mense van my volkvertel wat U gedoen het,ek sal U prys daar waar hulle bymekaar is.

24. Julle moet die Here prys, julle almal wat Hom dien,die nageslag van Jakob moet Hom eer,die hele nageslag van Israelmoet bang wees vir Hom en moet Hom dien.

Psalms 22