1. ’n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Van Salomo.As die Here nie ’n huis bou nie,dan help dit nie dat die bouershard werk om die huis te bou nie.As die Here nie ’n stad beskerm nie,dan help dit nie dat die wagtewakker bly nie.
2. Dit help nie dat julle vroeg opstaanen laat gaan slaap nie,dit help nie dat julle hard werk om te kan lewe nie,want die Here sorg vir die mense vir wie Hy lief is,Hy gee vir hulle alles wat hulle nodig het, ook terwyl hulle slaap.