17. Hy het gehou daarvan om mense te vervloek,maar daardie slegte dinge moet nou met homself gebeur.Hy het nie daarvan gehou om mense te seën nie,en nou moet niemand hóm seën nie.
18. Hy het elke dag mense vervloek,dit was vir hom dieselfdesoos om elke dag klere aan te trek.Nou moet dit alles met homself gebeur,alles wat hy gesê het.Die slegte dinge moet in hom ingaansoos die water wat hy drink,dit moet tot in sy bene ingaan soos die oliewat hy aan sy vel smeer.
19. Die slegte dinge moet by hom blysoos die klere wat hy aantrek,soos die belt wat hy elke dag dra.”
20. Die Here moet dit alles laat gebeurmet die mense wat my beskuldigen wat vra dat dit sleg moet gaan met my.
21. Maar Here, my Here, ek behoort aan U,en daarom moet U my help.U moet my red, want U doen altydwat U belowe het, en dit is goed.
22. U moet dit doen,want ek kan myself nie help nie,ek het niks, en ek het baie pyn.
23. Ek is besig om te verdwynsoos ’n skaduwee wat lank word,soos ’n sprinkaan wat afvalwanneer iemand dit afskud van sy klere.
24. Ek het nie kos om te eet nie,my knieë is swak en ek is maer.
25. Die mense wat my beskuldig, spot my,hulle is bly wanneer hulle sien wat met my gebeur.
26. Here, my Here, U moet my help,U moet my red, U het belowe om dit te doen.
27. Die mense wat my beskuldig, moet weetdat dit U is wat dit sleg laat gaan met my,Ú het hierdie dinge aan my gedoen.
28. Ménse vervloek my, maar Ú sal my seën.Hulle het my aangeval, maar hulle sal verloor,en ek, u dienaar, sal bly wees.
29. U moet hierdie mense verneder,die mense wat my beskuldig,hulle moet aanhou verloor.
30. Ek wil aanhou om vir die Here dankie te sê,ek wil Hom prys waar baie mense dit kan hoor,
31. want Hy help die mens wat niks het nie.Die Here red hom wanneer mense hom oordeelen sê dat hy skuldig is.