11. Die mense wat verkeerde dinge doen, moet nog meer verkeerde dinge doen! En die mense wat slegte dinge doen, moet nog meer slegte dinge doen! Maar die mense wat doen wat God wil hê, moet nog meer dinge doen wat God wil hê! En die mense wat reg lewe, moet aanhou om reg te lewe!”
12. Toe sê Christus weer: “Ek sal gou kom! Ek weet wat elke mens gedoen het en Ek sal elke mens beloon.
13. Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.
14. “Die mense wat reg lewe, is gelukkige mense! Hulle is soos mense wat skoon klere aangetrek het. Hulle mag eet van die vrugte van die bome van die lewe! En hulle mag deur die poorte ingaan na God se stad!
15. Buite God se stad is die slegte mense en die mense wat toor en die mense wat onsedelik lewe en die mense wat ander mense vermoor en die mense wat afgode dien en almal wat daarvan hou om te lieg.
16. “Ek, Jesus, het my engel na julle toe gestuur. Die engel het al die dinge in hierdie boek vir die gemeentes gesê. Ek, Jesus, is die Wortel van Dawid, die Nageslag van Dawid, en die Blink Môrester.”
17. Ja, die Gees en die kerk, Jesus se bruid, sê: “U moet kom!”Elkeen wat dit hoor, moet sê: “U moet kom!”As iemand geestelik dors is, dan moet hy water kom haal, water wat hom altyd sal laat lewe, water wat verniet is.
18. Die dinge wat moet gebeur, is in hierdie boek geskryf. Ek sê nou vir almal wat hierdie boek lees: “As iemand sê dat God dinge sal laat gebeur, en daardie dinge is nie in hierdie boek geskryf nie, dan sal God hom straf! God sal vir hom die strawwe gee wat in hierdie boek geskryf is!
19. En as iemand sê die dinge wat in hierdie boek geskryf is, sal nie gebeur nie, dan sal God hom straf! God sal sê hy mag nie eet van die vrugte van die boom van die lewe nie, en hy mag nie ingaan in die gewyde stad nie. In hierdie boek is geskryf van die boom van die lewe en van die gewyde stad.”
20. Dit is die Here Jesus wat al hierdie dinge sê. Hy sê ook: “Ja, Ek sal gou kom!”Amen! U moet kom, Here Jesus!
21. Ek bid dat die Here Jesus genadig sal wees vir julle almal!