8. Die vierde engel het sy bak op die son uitgegooi. En God het gesê die son mag die mense brand met vuur.
9. Die son was baie warm en dit het die mense baie seer gebrand. Maar hulle het vir God gelaster, vir God wat al die strawwe gestuur het. En hulle het nie gelewe soos God wil hê nie en hulle het nie vir God geëer nie.
10. Die vyfde engel het sy bak uitgegooi op die troon van die dier. God se straf was in die bak. Toe het dit donker geword op al die plekke waar die dier koning was, en die mense op daardie plekke het so baie pyn gehad dat hulle almal hulle tonge stukkend gebyt het.
11. Hulle was kwaad omdat hulle pyn en sere gehad het, en hulle het vir God gelaster, die God van die hemel. Maar hulle het nie begin lewe soos God wil hê nie, hulle het gedoen wat hulle altyd doen.