1. Toe het ek Iemand hard hoor praat uit die tempel wat in die hemel is. Ek het gehoor Hy sê vir die sewe engele: “Julle moet gaan en julle moet die sewe bakke op die aarde gaan uitgooi, my straf is in daardie sewe bakke!”
2. Die eerste engel het gegaan en hy het sy bak op die aarde uitgegooi. Toe het daar lelike en slegte sere gekom op al die mense wat die merk van die dier het en wat sy beeld aanbid.
3. Die tweede engel het sy bak op die see gegooi, en die water in die see het bloed geword, dit was soos die bloed van ’n mens wat dood is. En alles wat in die see gelewe het, het doodgegaan.
4. Die derde engel het sy bak op die riviere en die fonteine uitgegooi, en die water het bloed geword.