Openbaring 13:4-7 Bybel vir Almal (ABA)

4. Die mense het die draak aanbid, want die draak het vir die dier gesê hy kan alles doen wat die draak doen. En hulle het die dier aanbid en gesê: “Daar is niemand wat so sterk is soos die dier nie! Niemand kan teen hom oorlog maak nie.”

5. God het gesê die dier mag vir God laster en die dier mag 42 maande lank regeer.

6. Die dier het begin praat. Hy het vir God gelaster en hy het ook God se Naam en sy woonplek gelaster, hy het almal gelaster wat in die hemel woon.

7. God het gesê die dier mag oorlog maak teen die mense wat aan God behoort en hy mag hulle wen. Ja, God het gesê die dier mag regeer oor die mense van al die stamme, volke, tale en lande.

Openbaring 13