2. Toe het hulle na Moses en die priester Eleasar en die leiers van die volk toe gegaan en gesê:
5. As julle goed wil wees vir ons, dan moet julle hierdie land vir ons gee, dit moet ons grond wees. Julle moenie vir ons sê dat ons oorkant die Jordaan-rivier moet gaan woon nie.”
6. Maar Moses het vir die Gad-stam en die Ruben-stam gesê: “Moet die ander stamme gaan oorlog maak terwyl julle hier bly?
7. As julle hier bly, dan sal julle die ander Israeliete bang laat word om na die land te gaan wat die Here vir hulle gegee het.
8. Julle doen nou dieselfde wat julle voorvaders gedoen het toe ek hulle uit Kades Barnea gestuur het om te gaan kyk hoe die land lyk.
9. Hulle het gegaan tot by die Druiwe-vallei en hulle het gekyk hoe die land lyk, maar hulle het die Israeliete bang laat word om na die land te gaan wat die Here vir hulle gegee het.
10. Die Here het daardie dag kwaad geword. Hy het gesê:
11. ‘So seker soos Ek lewe, die manne wat 20 jaar oud of ouer is en wat uit Egipte gekom het, sal nie die land sien wat Ek belowe het om vir Abraham, Isak en Jakob te gee nie, want hulle het opgehou om in My te glo.
12. Kaleb seun van Jefunne, die Kenissiet, en Josua seun van Nun sal in die land ingaan, want hulle het aangehou om in My te glo.’
13. Die Here het kwaad geword vir die Israeliete, Hy het hulle 40 jaar lank in die woestyn laat rondswerf, totdat die hele geslag gesterf het, die Here het nie van daardie geslag gehou nie.
14. Nou kom julle hier, julle is ’n klomp sondaars soos julle voorvaders, en julle maak die Here nog meer kwaad vir die Israeliete.
15. As julle nie doen wat die Here wil hê nie, dan sal Hy die volk weer in die woestyn los. Dan sal julle hierdie hele volk laat sterf.”
16. Toe kom die mense van die Ruben-stam en die Gad-stam nader na Moses toe en hulle sê: “Ons wil hier vir ons skape en bokke krale bou, en ons wil stede bou vir ons kinders en oumense,
17. maar ons manne sal gereed wees om oorlog te maak, en ons sal voor die Israeliete gaan totdat ons hulle by hulle plek gebring het. Maar ons kinders en oumense moet in stede woon wat sterk mure het om hulle te beskerm teen die mense wat in die land woon.