Numeri 21:3-6 Bybel vir Almal (ABA)

3. Die Here het gedoen wat die Israeliete gevra het, Hy het hulle laat wen teen die Kanaäniete. Die Israeliete het die Kanaäniete almal doodgemaak en hulle stede heeltemal verwoes. Hulle het daardie plek toe Gorma genoem.

4. Die Israeliete het van Hor-berg verder gegaan op die pad na die Riet-see. Hulle wou óm die land Edom gaan. Maar die mense het moeg geword op die pad

5. en hulle het teen God en Moses gepraat en gekla. Hulle het gesê: “Hoekom het julle ons uit Egipte gebring om in die woestyn te sterf? Want hier is nie kos en water nie, en ons is moeg vir hierdie slegte kos.”

6. Toe het die Here slange gestuur wat vlerke het. Die slange het die mense gepik, en baie Israeliete het gesterf.

Numeri 21