31. Hy het gewys dat die dinge wat Ek sê, nie vir hom belangrik is nie, hy het nie gedoen wat Ek gesê het nie, en julle moet hom afsny, dit is sy eie skuld.”
32. Toe die Israeliete in die woestyn was, het hulle op die Sabbatdag iemand gekry wat hout bymekaarmaak.
33. Die mense wat hom gekry het toe hy die hout bymekaargemaak het, het hom na Moses en Aäron en die hele volksvergadering gebring.
34. Hulle het nie geweet wat hulle moet doen met hom nie, en hulle het hom by hulle gehou.
35. Die Here het toe vir Moses gesê: “Die man moet sterf, dit is seker. Die hele volksvergadering moet hom buite die kamp doodgooi met klippe.”
36. Die hele vergadering het hom uit die kamp geneem en hulle het hom doodgegooi met klippe. Hy het gesterf soos die Here vir Moses gesê het.
37. Die Here het vir Moses gesê:
38. “Jy moet vir die Israeliete sê dat hulle en hulle nageslag tossels aan die hoeke van hulle bo-klere moet sit, en hulle moet ’n blou toutjie vasmaak aan die tossels op elke hoek.
39. Julle moet die tossels hê, want wanneer julle die tossels sien, dan sal julle alles onthou wat Ek gesê het en julle sal dit doen. Dan sal julle nie doen wat julle self graag wil doen nie en julle sal nie ontrou word aan My nie.
40. Julle sal alles onthou wat Ek vir julle gesê het en julle sal dit doen en julle sal gewy wees aan My, julle God.
41. Ek is julle God die Here wat julle uit die land Egipte gebring het sodat Ek julle God kan wees. Ek is julle God die Here.”