Matteus 26:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Toe Jesus klaar gepraat het, het Hy vir sy dissipels gesê:

2. “Julle weet dit is oor twee dae Paasfees. God gee My, die Seun van die mens, vir die mense sodat hulle My kan kruisig.”

3. Toe het die priesterleiers en die familieleiers van die volk bymekaargekom in die hoëpriester se huis. Die hoëpriester se naam was Kajafas.

4. Hulle het planne gemaak om Jesus te vang en om Hom dood te maak. Hulle wou dit skelm doen.

5. Hulle het gesê: “Ons moet dit nie doen wanneer die mense Paasfees vier nie, want dan sal hulle kwaad word en almal sal skree en raas.”

6. Jesus was in Betanië in die huis van Simon die melaatse man.

7. Daar kom toe ’n vrou na Jesus toe. Sy het ’n mooi klip-kruikie gehad en in die kruikie was daar baie duur lekkerruik-olie. Sy het die olie op Jesus se kop uitgegooi terwyl Hy by die tafel gesit en eet het.

Matteus 26