1. Toe Jesus uit die tempel kom en wegstap, het sy dissipels na Hom toe gekom. Hulle het vir Hom die geboue van die tempel gewys.
2. Maar Jesus het vir hulle gevra: “Sien julle al hierdie geboue? Ek sê vir julle, en dit is seker: Die vyande sal al hierdie geboue afbreek. Daar sal nie een muur regop bly staan nie.”