30. Wanneer die mense weer lewe, dan sal hulle nie getroud wees nie, en hulle sal nie trou nie. Hulle sal dan wees soos die engele in die hemel.
31. Julle vra oor mense wat gesterf het wat weer sal lewe. Maar het julle nie gelees nie? God het vir julle gesê:
32. ‘Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.’“God is nie die God van dooie mense nie, Hy is die God van mense wat lewe.”
33. Toe hulle dit hoor, was al die mense baie verbaas oor wat Jesus vir hulle geleer het.
34. Die Fariseërs het gehoor Jesus het die Sadduseërs so goed geantwoord dat die Sadduseërs nie geweet het wat om nog te vra nie. Die Fariseërs het toe bymekaargekom.
35. Een van hulle wat die Joodse wette goed geken het, wou hê Jesus moet iets sê wat vir Hom probleme sal gee.
36. Hy het vir Jesus gevra: “Wat is die belangrikste wet van die Here?”
37. Jesus het vir hom gesê: “ ‘Jy moet vir jou God die Here lief wees met jou hele hart en met jou hele lewe en met jou hele verstand.’
38. Dit is die eerste en belangrikste wet.
39. Die tweede wet is net so belangrik. Dit is: ‘Jy moet lief wees vir jou naaste soos jy lief is vir jouself.’
40. “Hierdie twee wette sê alles wat die Wette van Moses en die boeke van die profete vir ons leer.”
41. Toe die Fariseërs daar bymekaar was, het Jesus vir hulle gevra:
42. “Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?”Hulle het gesê: “Hy is die Seun van Dawid.”
43. Jesus sê toe vir hulle: “Hoekom het die Heilige Gees vir Dawid gesê hy moet die Christus ‘Here’ noem?
44. “Dawid het gesê:“Die Here het vir my Here,die Koning, gesê:Sit hier langs My,op die belangrikste plek.Ek sal jou vyandevoor jou laat buig,en jy sal jou voete op hulle sit.
45. “Dawid self noem die Christus ‘Here.’ Hoe kan die Christus dan Dawid se seun wees?”