Matteus 13:32-38 Bybel vir Almal (ABA)

32. Dit is die kleinste saadjie van al die soorte saad, maar wanneer die plantjie klaar gegroei het, dan is dit groter as die ander plante in die tuin en dit word ’n boom. Dan kom die voëls en hulle maak neste in die boom se takke.”

33. Jesus het vir hulle nog ’n gelykenis vertel. Hy het gesê: “Wanneer God Koning is, God wat in die hemel is, dan is dit soos wanneer ’n vrou ’n klein stukkie suurdeeg neem en dit meng met drie sea meel. Die meel word dan deeg, en die suurdeeg laat al die deeg rys en groter word.”

34. Jesus het al hierdie dinge vir baie mense gesê. Hy het gelykenisse vertel wanneer Hy met die mense gepraat het. Hy het altyd gelykenisse gebruik wanneer Hy met die mense gepraat het.

35. So het die woorde waar geword wat die profeet in die Ou Testament gesê het. Hy het gesê:“Ek sal gelykenisse gebruikwanneer Ek met hulle praat.Daar is dinge wat mensenie geweet het nie,dit was ’n geheim.Ek sal dit vir almal vertel.”

36. Jesus het toe weggegaan van die mense en Hy het huis toe gegaan. Sy dissipels het na Hom toe gekom en hulle het gesê: “Verduidelik asseblief vir ons wat beteken die gelykenis van die onkruid in die koringland.”

37. Jesus het vir hulle gesê: “Die Persoon wat die goeie saad saai, is Ek, die Seun van die mens.

38. Die koringland is die wêreld. Die goeie saad is die goeie mense, God regeer oor hulle. Die onkruid is die slegte mense, die slegte een, die duiwel, regeer oor hulle.

Matteus 13