11. Jesus het vir hulle gesê: “As een van julle een skaap het, en die skaap val op die Sabbatdag in ’n watersloot, wat sal julle doen? Julle sal dadelik die skaap gryp en uit die sloot uithaal.
12. En ’n mens is vir God baie belangriker as ’n skaap. Daarom mag ’n mens op die Sabbatdag goeie dinge aan mense doen.”
13. Jesus sê toe vir die man: “Steek jou hand uit.”Die man het sy hand uitgesteek, en toe was sy hand gesond, dit was soos die ander hand.
14. Die Fariseërs het uitgegaan en hulle het planne gemaak om Jesus dood te maak.
15. Jesus het geweet wat die Fariseërs wil doen, en Hy het weggegaan van daardie stad. Daar was baie mense wat saam met Jesus gegaan het. Hy het al die siek mense gesond gemaak.
16. Maar Jesus het vir die mense gesê hulle mag nie vir ander mense vertel van Hom nie.
17. Jesus het dit gesê sodat die woorde waar kan word wat die profeet Jesaja geskryf het:
18. “God sê: Hier is my Dienaar.Ek het Hom gekiesom vir My te werk.Ek is lief vir Hom.Hy maak My bly.Ek sal my Heilige Geesvir Hom geeen Hy sal vir al die volke vertelwat Ek wil hê.
19. Hy sal nie met mense stry nieen Hy sal nie skree nie.Die mense in die stratesal Hom nie hoor praat nie.
20. Die Dienaar sal nie’n stukkende riet afbreek nie.Hy sal nie ’n lamp wat dof brand,doodblaas nie.Ja, Hy sal jammer weesvir die mense wat swaarkryen wat swak is.Hy sal dit doentotdat Ek gedoen hetwat Ek wil doen.
21. Al die volke sal seker weetdat die Dienaar hulle sal red.”
22. Die mense het ’n man na Jesus toe gebring. Die man was blind en stom. Hy het ’n duiwel in hom gehad. Jesus het die man gesond gemaak, en die man kon weer praat en sien.
23. Al die mense was verbaas. Hulle het gesê: “Is Jesus miskien die Seun van Dawid, of is Hy nie?”
24. Die Fariseërs het gehoor wat die mense sê, en die Fariseërs het vir mekaar gesê: “Jesus jaag duiwels uit mense, maar Beëlsebul, die leier van die duiwels, help vir Jesus om die duiwels uit te jaag.”
25. Jesus het geweet wat hulle dink, en Hy het vir hulle gesê: “Wanneer die mense in ’n land nie kan saamwerk met mekaar nie, dan sal vyande die land oorwin. En wanneer die mense in ’n stad of in ’n huisgesin nie kan saamwerk met mekaar nie, dan sal hulle nie bymekaar bly nie.
26. Wat julle sê, beteken dat dit die Satan is wat die Satan uitjaag. As dit so is, dan is die Satan teen homself, en dan kan hy niks meer doen nie en hy kan oor niemand regeer nie.
27. En as Beëlsebul My help om duiwels uit te jaag uit mense, wie help dan julle leerlinge om duiwels uit mense uit te jaag? Julle eie leerlinge bewys dat julle verkeerd is.