1. Die Fariseërs het by Jesus bymekaargekom. Saam met hulle was daar ook skrifgeleerdes wat van Jerusalem gekom het.
2. Die Fariseërs en die skrifgeleerdes het gesien party van die dissipels van Jesus het hulle kos met onrein hande geëet. Dit beteken hulle het nie hulle hande eers op ’n spesiale manier gewas nie.
3. Die Fariseërs en al die Jode het altyd eers hulle hande op ’n spesiale manier gewas voordat hulle geëet het. Hulle het dit gedoen soos hulle voorouers altyd gedoen het.
4. Wanneer hulle iets gekoop het, dan het hulle dit altyd eers op ’n spesiale manier gewas. Dan het hulle geëet. Hulle het ook nog baie ander dinge gedoen soos hulle voorouers gedoen het, hulle het hulle koppies, bekers, koperbakke, tafels en banke op ’n spesiale manier gewas.
5. Die Fariseërs en die skrifgeleerdes het vir Jesus gevra: “Hoekom lewe jou dissipels nie soos ons voorouers vir ons geleer het nie? Hulle eet met onrein hande.”
21-22. want die slegte dinge wat ’n mens dink, kom van binne, uit sy hart. Dit is die slegte dinge wat ’n mens dink wat hom laat sonde doen: soos om seks te hê met iemand met wie hy nie mag nie, of te steel, of ’n mens te vermoor, of egbreuk te pleeg, of ander mense se goed te wil hê, of slegte dinge te doen, of skelm te wees, of te doen net wat hy wil, of jaloers te wees, of sleg te praat van ander mense, of hoogmoedig te wees, of nie te dink wat hy doen nie.