Lukas 21:10-20 Bybel vir Almal (ABA)

10. Toe het Jesus vir die mense gesê: “Die een volk sal teen die ander volk oorlog maak, die mense van een land sal teen die mense van ’n ander land oorlog maak.

11. Daar sal groot aardbewings wees, op baie plekke sal daar hongersnood wees. Baie mense sal siek word en sterf. Daar sal vreeslike dinge gebeur, en daar sal tekens in die lug wees, tekens wat ’n mens bangmaak.

12. Maar voor al hierdie dinge gebeur, sal die mense julle vang en hof toe vat in die sinagoges, en hulle sal julle in die tronk gooi. Hulle sal julle ook hof toe vat voor konings en goewerneurs omdat julle aan My behoort.

13. Dan kan julle vir hulle van My vertel.

14. Julle moet besluit om nie voor die tyd gereed te maak vir wat julle sal sê wanneer julle in die hof kom nie,

15. want Ek sal vir julle sê wat julle moet sê. Julle sal soos wyse mense praat en julle vyande sal nie weet wat om te antwoord nie, hulle sal nie kan sê julle praat verkeerd nie.

16. Ook julle ouers, julle broers, julle familie en julle vriende sal vir julle hof toe vat. Hulle sal party van julle ook doodmaak.

17. Almal sal julle haat omdat julle aan My behoort.

18. Maar julle sal nie verlore gaan nie, nie een haar van julle kop sal verlore gaan nie.

19. As julle aanhou glo, dan sal julle die ewige lewe kry.”

20. “Wanneer julle sien die soldate van die vyande is rondom Jerusalem, dan moet julle weet dit is nog net ’n kort tydjie, dan sal die vyande Jerusalem verwoes.

Lukas 21