Lukas 18:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jesus het toe vir die dissipels ’n gelykenis vertel. Hy wou hê hulle moet verstaan dat ’n mens moet aanhou bid en nie moedeloos moet word nie.

2. Hy het gesê: “In ’n stad was daar ’n regter wat nie bang was vir God nie. Mense was ook nie vir hom belangrik nie.

3. In dieselfde stad was daar ’n weduwee. Sy het na die regter toe gegaan en vir hom gesê: ‘Daar is iemand wat nie reg doen aan my nie. Jy moet my asseblief help.’

Lukas 18