Lukas 13:34-35 Bybel vir Almal (ABA)

34. Mense van Jerusalem, julle maak die profete dood, julle gooi die boodskappers van God met klippe dood. Ek wou julle baie maal bymekaarmaak soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie kom nie.

35. Julle moet nou goed luister: Daar sal niemand in Jerusalem oorbly wat lewe nie. Ek sê vir julle: Julle sal My nie weer sien nie tot daardie dag wanneer julle sal sê: ‘Prys die Man wat kom, die Here het Hom gestuur om sy werk te kom doen.’ ”

Lukas 13