Levitikus 24:4-18 Bybel vir Almal (ABA)

4. Aäron moet die lampe op die goue lampstaander sit, dit moet altyd daar voor die Here wees.”

5. “Jy moet van die beste meel neem en jy moet twaalf ringbrode bak. Jy moet twee tiendes van ’n efa meel gebruik vir elke ringbrood.

6. Dan moet jy die brood in twee rye neersit op die goue tafel voor die Here, in elke ry moet daar ses brode wees.

7. Jy moet skoon wierook by elke ry sit. Die wierook is ’n vuur-offer vir die Here, dit is in die brood se plek.

8. Die priesters moet elke Sabbatdag nuwe brood neersit voor die Here. Die Israeliete moet dit altyd doen.

9. Aäron en sy seuns mag die brood kry wat op die tafel was. Hulle moet dit op ’n gewyde plek eet. Die brood is hoog-gewyd. Die priesters moet altyd daardie brood kry uit die offers vir die Here. Dit moet altyd so wees.”

12. Hulle het die man toegesluit, hulle wou eers hoor wat die Here sê.

13. Die Here het vir Moses gesê:

14. “Jy moet die man wat die ander man vervloek het, wegneem uit die kamp. Almal wat gehoor het wat hy gesê het, moet hulle hande op sy kop sit, en die hele volksvergadering moet hom doodgooi met klippe.

15. Jy moet vir die Israeliete sê: Elke persoon wat sy God vervloek, is skuldig, julle moet hom straf.

16. Iemand wat die Naam van die Here laster, moet sterf, die hele volksvergadering moet hom doodgooi met klippe. Mense wat die Naam van die Here laster, vreemdelinge of Israeliete, moet sterf.

17. ’n Persoon wat ’n ander mens doodmaak, moet sterf.

18. Wanneer iemand ’n dier van iemand anders doodmaak, dan moet hy betaal, hy moet vir die eienaar ’n ander dier gee.

Levitikus 24