Levitikus 22:23-26 Bybel vir Almal (ABA)

23. Wanneer julle graag self ’n offer wil gee, dan mag julle ’n bees of ’n skaap gee wat gebreklik is, maar dit mag nie ’n gelofte-offer wees nie, die Here sal dit nie aanvaar nie.

24. Wanneer ’n dier se geslagsorgane stukkend gedruk is of geskeur is of gesny is, dan mag julle dit nie vir die Here offer nie. Julle mag dit nie doen in julle land nie.

25. Julle mag ook nie so ’n dier neem van iemand wat nie ’n Israeliet is nie en julle mag dit nie offer om kos te wees vir julle God nie, want die dier is gebreklik, hy is nie gesond nie. Ek sal dit nie aanvaar nie.”

26. Die Here het vir Moses gesê:

Levitikus 22