30. Die priester moet die duiwe offer, een duif om ’n sonde-offer te wees en een duif om ’n brand-offer te wees. So moet hy versoening doen vir die vrou nadat sy onrein was.
31. Julle moet keer sodat die Israeliete nie onrein word nie, en sodat hulle nie my tempel-tent wat by hulle is, onrein laat word nie. Want dan sal hulle moet sterf.
32. Dit is wat moet gebeur wanneer daar saad of iets nat kom uit ’n man se geslagsorgaan en hy word dan onrein.
33. Dit is wat moet gebeur wanneer ’n vrou menstrueer, wanneer daar iets nat kom uit die geslagsorgaan van ’n man of ’n vrou, en wanneer ’n man seks het met ’n vrou wat onrein is.”