7. Julle mag ook nie weggaan van die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn nie, want die salf-olie van die Here is op julle.”Aäron en sy seuns het gedoen soos Moses gesê het.
8. Die Here het vir Aäron gesê:
9. “Jy en jou seuns mag nie wyn of bier drink wanneer julle na die tent kom waar Ek aan die Israeliete verskyn nie. As julle dit doen, dan sal julle sterf. Julle en julle nageslag mag dit nooit doen nie.
10. Daar is dinge wat gewy is en daar is dinge wat nie gewy is nie. Julle moet wys dat hulle nie dieselfde is nie. Daar is ook dinge wat onrein is en daar is dinge wat rein is. Julle moet wys dat hulle nie dieselfde is nie.