Josua 4:20-23 Bybel vir Almal (ABA)

20. Josua het daardie twaalf klippe wat hulle uit die Jordaan-rivier geneem het, regop gesit by Gilgal,

21. en hy het vir die Israeliete gesê: “Wanneer julle kinders eendag vir hulle pa’s vra wat daardie klippe beteken,

22. dan moet julle vir die kinders vertel: ‘Israel het op droë grond oor hierdie Jordaan-rivier gegaan.’

23. Die Here het die water van die Jordaan-rivier laat ophou vloei, sodat julle kon oorgaan. Julle God die Here het dit ook gedoen by die Riet-see. Hy het die see laat ophou vloei sodat ons kon deurgaan.

Josua 4