Josua 16:6-10 Bybel vir Almal (ABA)

6. en dan verder tot teen die see. Van die stad Mikmetat in die noorde draai die grens verby die stad Taänat-Silo na die stad Janoag in die ooste.

7. Van Janoag gaan die grens af na die stede Atarot en Naära, en dan na Jerigo en tot teen die Jordaan-rivier.

8. Van die stad Tappuag gaan die grens wes in die Kana-vallei tot teen die see. Dit is die grond van die families in die Efraim-stam.

9. Die Efraim-mense het ook stede gekry op die grond van die Manasse-mense, hulle het die stede en die dorpies daar naby gekry.

10. Die Efraim-mense het nie die Kanaäniete oorwin en weggejaag wat in die stad Geser gewoon het nie. Die Kanaäniete woon nou nog tussen die Efraim-mense, maar hulle moet vir die Efraim-mense werk.

Josua 16