Johannes 14:5-8 Bybel vir Almal (ABA)

5. Tomas het vir Hom gesê: “Here, ons weet nie waarnatoe U gaan nie. Daarom ken ons ook nie die pad daarnatoe nie.”

6. Jesus sê toe vir Tomas: “Ek is die pad, Ek is die waarheid, Ek is die lewe. Niemand kan by die Vader kom as hy nie in My glo nie.

7. Julle ken My, daarom sal julle ook my Vader ken. Ja, julle ken Hom nou. Julle het Hom gesien.”

8. Filippus het vir Jesus gesê: “Here, U moet asseblief vir ons die Vader wys. Dan sal ons tevrede wees.”

Johannes 14