5. Jesus was lief vir Marta en haar suster en vir Lasarus.
6. Jesus het gehoor dat Lasarus siek is, maar Hy het nog twee dae op die plek gebly waar Hy was.
7. Toe het Jesus vir sy dissipels gesê: “Kom ons gaan weer na Judea.”
8. Sy dissipels het gesê: “Rabbi, nie lank gelede nie wou die Jode U daar doodgooi met klippe. Hoekom wil U nou weer daarnatoe gaan?”
9. Jesus het gesê: “’n Dag het twaalf ure. Wanneer ’n mens in die dag loop, dan val hy nie, want hy sien die lig van die son, die lig van hierdie wêreld.