Johannes 11:49-53 Bybel vir Almal (ABA)

49. Kajafas was een van die mense wat by die vergadering was. Hy was daardie jaar die hoëpriester. Hy het vir hulle gesê: “Julle weet niks,

50. julle verstaan nie dat dit beter is as een mens sterf en nie die hele volk nie. Dan sal die hele volk nie verlore gaan nie.”

51. Kajafas se woorde het nie van homself gekom nie. Hy was daardie jaar hoëpriester, daarom het God hom laat sê wat sal gebeur. Kajafas het gesê Jesus sal sterf sodat die volk kan lewe.

52. Maar Jesus het nie net gesterf sodat die volk kan lewe nie, Hy het ook gesterf om die kinders van God bymekaar te bring, God se kinders wat in baie lande van die wêreld woon.

53. Van toe af het die Joodse leiers planne gemaak om Jesus dood te maak.

Johannes 11